NewsNewsSportSport

Jason gee goeie rekenskap van homself in Kenia

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek is trots op Jason Bowers wat gistermiddag in Kenia tydens die Wêreld o.20 Kampioenskap 11de in die 3000m in ‘n tyd van 8:30.76 geëindig het. Tadese Worku van Etihopieë het die wedloop in ‘n spogtyd van 7:42.09 gewen. Jason se persoonlike beste tyd van 8:04.28 sou goed genoeg gewees het vir …

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek is trots op Jason Bowers wat gistermiddag in Kenia tydens die Wêreld o.20 Kampioenskap 11de in die 3000m in ‘n tyd van 8:30.76 geëindig het. Tadese Worku van Etihopieë het die wedloop in ‘n spogtyd van 7:42.09 gewen. Jason se persoonlike beste tyd van 8:04.28 sou goed genoeg gewees het vir ‘n vyfde plek in die finaal. Die jong Valie het egter steeds teen ‘n uitgelese groep atlete sy land en die Vaaldriehoek met trots en onderskeiding verteenwoordig. Jason is tans ‘n matriekleerling aan Vereeniging Gimnasium en is beslis ‘n vonds vir die toekoms. Sy mede-valie Marione Fourie, die Suid-Afriaanse senior, junior en studentekampioen in die 100m-hekkies, sal more-oggend om 08:36 (Suid-Afrikaanse tyd) aan die uitdunne deelneem. Die finaal vind Saterdag plaas. Marione het verlede jaar aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark gematrikuleer en studeer tans by Tukkies in Pretoria.

Jason Bowers. Foto: Danea Blunden
Marione Fourie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button