LetterNewsOpinions

‘Baie dankie aan Cormed en weldoener’

Groot ondersteuning in tyd van krisis

Jolene Botha van Vanderbijlpark skryf:

Met dankbaarheid in my gebroke mammahart wil ek net vanaand, 10 Augustus, sê dat daar nog goeie mense bestaan. In die ergste nood wat ek en my gesin ons nog ooit kon bevind, waar ek met my baba by Cormed-hospitaal inhardloop en skree om hulp, het ons net die beste diens ontvang.

Ek wil vir al Cormed se personeel baie dankie sê, maar ‘n spesiale dankie aan die dame wat ons rekening betaal het. Voordat ons nog aan ‘n rekening kon dink, het sy dit klaar betaal. Ek weet nie wie sy is nie en ek weet nie hoe sy lyk nie, maar ek wil net uit my hart uit vir haar dankie sê.

 

*********************************************************************************************************************

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button