Marioné mis net-net uit op finaal
VANDERBIJLPARK. – Marioné Fourie, die Suid-Afrikaanse studente,, junior en senior 100m-hekkieskampioen, se droom om in die finaal van die Wêreld o.20 Kampioenskap, aan te tree het soos ‘n glibberige paling net-net deur haar vingers geglip. Die 19-jarige Vaaldriehoeker het vroeër vanmiddag in Kenia in die semi-finaal in ‘n tyd van 13.60 derde geëindig. Die blitsige …

VANDERBIJLPARK. – Marioné Fourie, die Suid-Afrikaanse studente,, junior en senior 100m-hekkieskampioen, se droom om in die finaal van die Wêreld o.20 Kampioenskap, aan te tree het soos ‘n glibberige paling net-net deur haar vingers geglip.
Die 19-jarige Vaaldriehoeker het vroeër vanmiddag in Kenia in die semi-finaal in ‘n tyd van 13.60 derde geëindig. Die blitsige Jamaikaan Ackera Nugent het die wedloop in ‘n blitsige tyd van 13.02 gewen, gevolg deur die Pool Weronika Barcz (13.36). Marioné het die negende vinnigste tyd aangeteken. Die stadigste kwalifiserende tye is deur Viktoria Forster (13.59) en Sonja Stang (13.59) aangeteken. Die skoen kon net sowel aan die ander voet gesit het.

