Medalje-glorie wink vir Marioné
VANDERBIJLPARK. – Die 19-jarige Marioné Fourie, die Suid-Afriaanse senior, junior en studentekampioen, tree vanoggend om 08:36 (Suid-Afrikaanse tyd) in Kenia tydens die Wêreld o.20 Atletiek Kampioenskap in die uitdunne van die 100m-hekkies vir vroue aan. Die blonde Vaaldriehoeker het verlede jaar aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark gematrikuleer en studeer tans by Tukkies in Pretoria. …
VANDERBIJLPARK. – Die 19-jarige Marioné Fourie, die Suid-Afriaanse senior, junior en studentekampioen, tree vanoggend om 08:36 (Suid-Afrikaanse tyd) in Kenia tydens die Wêreld o.20 Atletiek Kampioenskap in die uitdunne van die 100m-hekkies vir vroue aan. Die blonde Vaaldriehoeker het verlede jaar aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark gematrikuleer en studeer tans by Tukkies in Pretoria.

Sy is tans op goeie vorm en haar persoonlike beste tyd van 13.47 wat sy dié seisoen opgestel het behoort vir haar ‘n plek die finaal wat Saterdag plaasvind te bespreek. Sy sal in die vierde uitdun van vyf in aksie wees. Haar vernaamste teenstander in dié wedloop behoort die spanjaard Aitana Radsma te wees.

Die Spaanse atleet spog die seisoen met ‘n persoonlike beste tyd van 13.39. Die ander pasaangeer in die uitdunne is die Jamaikaan Ackera Nugent wat met ‘n blitsige persoonlike beste tyd van 12.76 vanjaar spog. Sy sal in die tweede uitdun in aksie wees. Die ander medalje-kandidaat is Switserland se Ditalji Kambundji wat ook vanjaar met ‘n persoonike beste tyd van 12.94 spog. Sy sal in uitdun nommer drie waarskynlik eerste oor die eindstreep blits. Die uitsending van Dag 3 van die kampioenskap word van 07:50 regstreeks op Supersport kanaal 201 uitgesaai. Die eerste en vinnigste vier in die uitdunne sal deurdring tot die halfeindronde wat vanmiddag plaasvind. Die finaal sal Saterdag beslis word.
