LetterNewsOpinions

Polisieman steel glo selfoon tydens roetine-ondersoek

"Die selfoon is klaar ge-wipe en dit gaan ons geld kos om die pin wat die stommerik opgesit het, af te haal."

Mev. Toni Smit van die Vaaldriehoek skryf:

So keer ‘n beampte in ‘n polisievoertuig my man verlede Saterdag voor. My man word beveel om uit sy kar te klim, maar toe hy sy selfoon wil vat om in sy sak te sit, word hy aangesê om dit te los waar dit is. Hulle gooi ‘n sak met sleutels uit wat in die kar is en toe hulle ry, sit my man die sleutels terug en kom agter sy selfoon is weg.

Die eienares van die gastehuis waar hulle hom gestop het, kom vra waarna hy soek. Sy gaan kyk saam met hom op haar CCTV-kameras en sien hoe die polisieman die selfoon in sy mou druk en tussen die kleingeld in die kar vroetel. Sy sê vir my man sy weet watter kant toe die polisie gery het en ry saam met hom om hulle te soek.

Hulle kry toe sy bankkaart en simkaart nie ver van die gastehuis af in die pad, spoor die polisievoertuig op en kry sy selfoon terug, nadat die polisieman eers wou stry.

Die polisiestasie weier om ‘n saak te maak, want hulle sê my man moes nie sy selfoon laat rondlê het nie, al was daar ‘n getuie van die diefstal. Die selfoon is klaar ge-wipe en dit gaan ons geld kos om die pin wat die stommerik opgesit het, af te haal. Die eienares van die gastehuis sê dis hoekom die gemeenskap reg in eie hande neem en nie die polisie betrokke probeer kry nie, want die polisie is van geen hulp nie.

 

 

**********************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button