LetterNewsOpinions

Strome riool ‘n stink ‘surprise’

Riool loop deur die ou voëlpark tot binne-in die spruitjie.

Gerhard Harmse van Sasolburg skryf:

Ek het gedink dit is net die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wat riool in die Vaalrivier laat inloop oor swak instandhouding, maar toe kry ek ‘n surprise toe ons vanoggend, 1 Augustus, in Sasolburg gaan fietsry.

Ons het al langs die spruitjie van Leeuwspruit Primêre Skool af gery: Net na die pomphuis tot by die Paryspad was daar drie van die rioolmangate wat oorgeloop het. Alles het direk in die spruitjie ingeloop en dan Vaalrivier toe… en dit is nie net van nou af nie – ek kon sien dit is al ‘n geruime tyd.

Reg agter Hoërskool Sasolburg se koshuis is daar nog twee wat oorloop. Riool loop deur die ou voëlpark tot binne-in die spruitjie. Dalk weet mense reeds hiervan maar gooi ‘n dowe oor en sê maar niks nie.

Dit is onaanvaarbaar om ons rivier so te besoedel – en alles as gevolg van die munisipaliteit wat nie hul instandhouding doen nie.

Illustrasiefoto

****************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button