Valia slyp vir Kempton
VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se eerste rugbyspan kom eerskomende Saterdag op sy tuisveld teen die Hoërskool Kempton Park te staan. Met skolesport wat erg deur die Covid19-pandemie ontwrig is, is almal uitgehonger vir sport. Veral rugby! Soos verwag is, was Transvalia in sy opwarmingswedstryd Vrydag teen die HTS Sasolburg verroes, maar daar het baie …
VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se eerste rugbyspan kom eerskomende Saterdag op sy tuisveld teen die Hoërskool Kempton Park te staan. Met skolesport wat erg deur die Covid19-pandemie ontwrig is, is almal uitgehonger vir sport. Veral rugby!
Soos verwag is, was Transvalia in sy opwarmingswedstryd Vrydag teen die HTS Sasolburg verroes, maar daar het baie positiewe dinge uit die wedstryd voortgespruit. Nuwe kombinasies is getoets en baie posisionele skuiwe het vir Valia se afrigters Tiaan Valentine en Lloyd Greeff baie stof tot nadenke gegee. Die span spog met heelwat diepte en veelsydige agterspelers wat enige plek in die agterlyn kan inskakel.

