Local newsNewsNewsSchools

Harde werk beloon op gholfbaan

Twee Sasolburg Hoërskool matrikulante verteenwoordig eersdaags die Vaaldriehoek op die gholfbaan.

SASOLBURG. –  Twee van die Hoërskool Sasolburg High School se matrikulante is gekies om in Oktober die Vaaldriehoek op die gholfbaan te verteenwoordig.

Michael Lance is gekies vir die o.19 A-span en Lucio Mortagua vir die o.19 Vaaldriehoek B-span.

Michael en Lucio het gholf begin speel toe hulle ses jaar oud was en geniet die spel na al die jare nog terdeë.

“Die buitelug en oefening doen mens goed,” sê Lucio. Michael stem saam. Hy reken om gholf te speel is goed vir sy siel.

Hy sê: “Dit is n manier om te ontspan en ook om goeie sportmansgees te ontwikkel. Dit is ook altyd lekker om sukses te behaal en om te woeker met jou talente.”

Hy het laat weet dat dit vir hom ‘n groot eer en voorreg is om vir die Vaaldriehoek o.19 span gekies te word.

Hy sien baie uit daarna om aan die toernooi by Heron Banks Gholfbaan deel te neem.

Lucio beskou dit ook as ‘n besonderse voorreg en iets waarvoor hy hard gewerk het.

“Dit is die eerste keer wat ek hard probeer om my gholf na die volgende vlak toe te vat. Gholf is my passie en ek is die tipe mens wat sukses wil sien in alles wat ek doen,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button