News

‘Geen familie moet soveel smart in een week beleef nie’

"As iemand kan help, as iemand iets kan doen asseblief? Ek weet nie eers waar of hoe om te begin nie."

Karen Bruwer van Vanderbijlpark skryf:

Ek is raadop, so hierdie is my laaste uitweg. Op 11 Augustus het ons my pa aan die dood afgestaan. Ons was so versigtig, maar volgens die nadoodse ondersoek was dit weens Covid.

Die Saterdag het my suster siek geword. Sy is ‘n diabeet. Ons het alles probeer, want sy het nie ‘n mediese fonds nie, maar ons moes haar hospitaal toe vat waar sy nog steeds lê. Sy moes my pa se begrafnis op 20 Augustus oor Zoom kyk.

Na die begrafnis het ek my ma Mediclinic toe gevat met longontsteking. Sy het darem nog medies tot die einde van die maand. Hier is my probleem: Ons het al ons fondse gebruik om my suster en my ma te help. Daar is net niks meer oor nie. Kan iemand ons asseblief help?

Ek weet daar is so baie mense wat hulp nodig het en wat sukkel, maar hierdie is my laaste hoop en gebed. As iemand kan help, as iemand iets kan doen asseblief? Ek weet nie eers waar of hoe om te begin nie.

Ek bid die Here hou julle en julle geliefdes veilig, want geen familie moet soveel smart in een week beleef nie.

* Enigiemand wat Karen en haar gesin wil bystaan, kan haar by 063 296 6947 kontak.

 

***********************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button