NewsNewsSportSport

Krieket uit die boonste rakke

VEREENIGING. – Die tweede rondte van die Sniper Custom Cricket T20 Blast-reeks vir o.11 en o.13-spanne wat op Verref se velde beslis word, het weer top krieket opgelewer. Hoewel Vrydag 20 Augustus se o.13-kragmeting tussen die KP Reds en VYC Astros weens Covid-gevalle uitgestel is, het Saterdag 21 Augustus se drie kragmetings daarvoor opgemaak. Die …

VEREENIGING. – Die tweede rondte van die Sniper Custom Cricket T20 Blast-reeks vir o.11 en o.13-spanne wat op Verref se velde beslis word, het weer top krieket opgelewer. Hoewel Vrydag 20 Augustus se o.13-kragmeting tussen die KP Reds en VYC Astros weens Covid-gevalle uitgestel is, het Saterdag 21 Augustus se drie kragmetings daarvoor opgemaak. Die Rockets (11.5 ligapunte) en Saints Potch (11.3 ligapunte) beklee tans onderskeidelik die boonste sport op die o.11- en o.13-punteleer.

Die ACC Spartans het die dag se verrigtinge met ‘n sege van sewe paaltjies oor die VYC Blasters se o.13’s afgeskop. Die Blasters het eerste gekolf en is tot 105/4 in 20 beurte beperk, waarna die Spartans slegs ‘n rapsie meer as 18 beurte nodig gehad het om die teiken verby te steek. Die VYC Rockets se o.11’s het sy segetog voortgesit toe hy die Potch Saints met 50 lopies geklop het. Die Rockets het 128/7 aangeteken, waarna die Potchefstromers in die 16de beurt vir 78/10 uitgeboul is. Die Rockets se Ethan Stroh 3-12-3 was die groot verwoester. 

Akise tydens die Sniper Custom Cricket T20 Blast-reeks vir o.11 en o.13-spanne. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Die o.13’s van Saints Potch het sy plek bo-aan die punteleer verstewig toe hy die ACC Starship met 83 lopies geklop het. Die Saints het eerste kolf en teen 8.55 lopies per beurt gekolf om ‘n stewige teiken van 171/5 daar te stel, waarna die ACC Starship kolwers vir ‘n beskeie 88 lopies uitgeknikker is. Na die tweede rondte se kragmetings was Caleph Laubscher en Mican Nel albei van die VYC Rockets se o.11-span, die top kolwers in hul portuurgroep met 48 lopies elk in twee wedstryde. Ethan Stroh (4-27-5) van die Rockets het die meeste paaltjies in die o.11-afdeling platgetrek.

In die o.13-afdeling spog die Saints Potchefstroom met die top kolwer en bouler na die tweede rondte se spel. Khumo Nyokong is die voorste lopievraat met 99 lopies in 2 kolfbeurte wat 13 grenshoue insluit. Wat die boulwerk betref beklee Potch die eerste drie plekke. Sihle Duma (6-21-3), Tsgegofatso Monyela (5-24-5) en Bokamoso Moetsi (5-43-6) het dusver geskitter met die bal. Die bepalings vir 27 en 28 Augustus is: Vrydag: 15:00: o.11: VYC Rockets vs Alberton. Saterdag: 08:30: o.11: VYC Blasters vs Saints; 11:00: o.13: Reds vs Alberton o.13 en 13:30: o.13: Saints vs VYC Astros.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button