News

Gotcha en Smile… jy is op Candid (Security) Camera!

Enigiemand wat die dief herken, kan die woord KAMERA en sy naam stuur na 083 246 0523.

Kyk hier: ‘n Behendige dief steel ‘n sekuriteitskamera sonder om te besef hy word self afgeneem….

Dié knaap is glo baie bedrywig met diefstalle in Vanderbijlpark se S-areas. Hy is Woensdagaand deur ‘n sekuriteitskamera in SE2 afgeneem terwyl hy besig was om die einste kamera uit die huisbewoner se erf te steel!

 Volgens die huisbewoner is die jong man omstreeks 19:00 die aand deur ‘n wit voertuig voor die huis afgelaai. Op die video kan ‘n mens sien hoe hy skelm nadersluip en teen die hek opklim voordat hy om hom rondkyk en sy arm uitsteek om die sekuriteitskamera te verwyder.

Wat die knaap blykbaar nie besef het nie, was dat die sekuriteitskamera hom vir oulaas afgeneem en die video digitaal op rekenaar vasgelê het voordat hy dit losgemaak en gesteel het.

Hy het daarna weer saam met die wit voertuig vertrek. Hy het ‘n sweetpaktop met die woord “Gotcha” aangehad.

Die eienaar en polisie sal graag wil weet wie die skelm is.

Enigiemand wat hom herken, kan die woord KAMERA en die dief se naam stuur na 083 246 0523.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button