Twee Valies sit Rekeningkunde ore aan
Dis nie almal wat Rekeningkunde se baas is nie, maar Jaden en Shannon weet hoe!
Baie geluk aan Jaden Straw en Shannon-Lee Rietkerk van die Hoërskool Sasolburg High School.
Hulle het uitstekend gevaar in die Vrystaat South African Institute of Chartered Accountants (SAICA) Olimpiade.
Meer as ‘n 1000 leerlinge van regoor die Vrystaat het die eerste vraestel van die Olimpiade geskryf.
Jason en Shannon het vir die tweede rondte gekwalifiseer en met vlieënde vaandels geslaag.
Jason het ‘n alghele tweede plek en Shannon ‘n derde plek in die Fezile Dabi Distrik behaal.
Hul harde werk is beloon tydens ‘n spesiale prysuitdelingsfunksie wat deur die Vrystaat Departement van Basiese Onderwys en SAICA vir die top drie kandidate in elke distrik gehou is.
