Spanner-tradisie gaan na 2 jaar voort
SASOLBURG. – Saterdag 4 September sal die eerste keer sedert 2019 wees wat die Spanners se eerste-rugbyspan die wit en blou streeptrui oor hulle koppe trek. Die tradisie by die HTS Sasolburg is dat die eerste-rugbyspan net hulle ligawedstryde in dié trui speel. Die trui se ontwerp het sedert die onstaan van die skool nog …
SASOLBURG. – Saterdag 4 September sal die eerste keer sedert 2019 wees wat die Spanners se eerste-rugbyspan die wit en blou streeptrui oor hulle koppe trek. Die tradisie by die HTS Sasolburg is dat die eerste-rugbyspan net hulle ligawedstryde in dié trui speel.
Die trui se ontwerp het sedert die onstaan van die skool nog nooit verander nie. Omdat daar in 2020 en 2021 net vriendskaplike wedstryde voor en na die Covid-19 “lockdown” gespeel was, het die seuns nog nooit die geleentheid gehad om in dié trui te speel nie.
Die HTS Sasolburg se eerstespan-afrigters, Dirk Coetsee en Mbote Mtimkulu, benader Saterdag se wedstryd wat om 11:00 op die UJ Stadion teen die Hoërskool Birchley beslis word soos ‘n eindstryd in die kleine om die volgende redes. By die proewe wat voor die inperking plaasgevind het, was dit duidelik dat die drie sterker spanne in die Valke -liga HTS Sasolburg, Vereeniging Gimnasium en Birchleigh sal wees.
Die Spanners het Parys High School met 40-0 geklop, terwyl Vereeniging Gimnasium Sasol High met 20-0 uitgestof het. Birchleigh het op sy beurt Leeuwenhof Akademie by die Valke-proewe geklop. Birchley en die HTS Sasolburg het ook ‘n aantal spelers wat vir die Valke-spanne gekies is. Sterkte vir die Spanner-seuns wat hierdie jarelange tradisie weer gaan voortsit om die blou en wit streeptrui oor hulle koppe te trek.