Local newsNationalNewsNews

Liters rioolwater vloei stééds direk in die Kliprivier

Liters en liters rou rioolwater stroom al sedert die einde van Julie onverpoos in die Kliprivier by Vosloopark.

VEREENIGING. – Die rioolwater stoot by ’n drein in die park uit op en word met behulp van spesiale kanale wat gegrawe is direk na die Kliprivier herlei, waar dit die rivier besoedel.

Die water stroom by tye ook oor die pad in Deerylaan waar al wat ‘n kar is deur die gemors moet ry.

Die stank is ondraaglik. Die probleem is al male sonder tal by die munisipaliteit gerapporteer en Vaalweekblad het die eerste keer op 3 Augustus daaroor berig.

Daar is aan die einde van Augustus ook oor die probleem berig.

Tog wag inwoners steeds dat die probleem daadwerklik aangespreek moet word.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het nog nie op navrae reageer of terugvoer aan inwoners gegee nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button