Swemmers verwerf provinsiale kleure
Drie swemmers van die Vaaldriehoek is onlangs met Oos-Gauteng kleure beloon.
VANDERBIJLPARK. – Drie van Titans Aquatics in Vanderbijlpark se swemmers het onlangs hul Oos-Gauteng Aquatics kleure verwerf.
JP Nel (kategorie S14) en Ellen Wille het albei vir die 2021 SA Nasionale Senior kampioenskappe gekwalifiseer.

Ellen het ook ‘n sertifikaat ontvang omdat sy vir 2020 se SA’s gekwalifiseer het. Die 2020 kampioenskappe is gekanselleer weens die Covid-19 inperkings.

Waar JP en Ellen hul kleure in die swembad verdien het, het Nathan Fouche syne in oop waters los geswem.
Hy het 69ste in ‘n tyd van 45:19 geswem oor ‘n afstand van 3 km in die kategorie vir mans 12 en ouer in 2020.
Hierdie jaar het hy nog beter gevaar en ‘n algehele 44ste plek verower in ‘n tyd van 40:54.
