Local newsNewsNewsSportSport

Kolskoot vir Vaal se Young Guns

POTCHEFSTROOM. – Om ‘n rugbyspan van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom op sy tuisveld te klop is soos om een van die Groot Vyf ‘n doodskoot tussen die blaaie te gee. Die NWU Vaal se o.20-rugbyspan het Saterdag 28 Augustus  in Potchefstroom presies dit vermag toe hy die NWU Potch se Young Guns met 16-7 in …

POTCHEFSTROOM. – Om ‘n rugbyspan van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom op sy tuisveld te klop is soos om een van die Groot Vyf ‘n doodskoot tussen die blaaie te gee. Die NWU Vaal se o.20-rugbyspan het Saterdag 28 Augustus  in Potchefstroom presies dit vermag toe hy die NWU Potch se Young Guns met 16-7 in ‘n vriendskaplike kragmeting geklop het.

Die besoekers het rustyd 10-0 voorgeloop en aan die voorsprong vir ‘n geskiedkundige sege vasgeklou.  Diespan se afrigters, Johan du Toit en Gideon Hall, mag maar met ‘n huppel in hul stap breëbors rondloop.

“Ek is baie trots. Die grondslag vir ons oorwinning was voorlangs gelê waar ons oorheers het. Ons het die basiese dinge soos skrums, lynstane en die losskrums oorheers. “Ons verdediging was baie goed. Ons het hulle ‘n paar keer met goeie verdediging op ons doellyn weggehou. Die agttal het voorlangs vasgevat en die agterlyn geleentheid gegee om lekker met die bal te hardloop,” het Du Toit na sy span se sege gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button