Atlete stroom na DP de Villiers
SASOLBURG. – Die Spring Dash Series wat deur die Transvalia Atletiekklub op die DP de Villiers-stadion aangebied word, is ‘n vars briesie tydens die onseker tye waarin ons tans leef. Die sportwêreld is sedert die begin van die Covid-pandemie op sy kop gekeer en reekse soos dié bring ‘n mate van normaliteit terug. Die vierde …
SASOLBURG. – Die Spring Dash Series wat deur die Transvalia Atletiekklub op die DP de Villiers-stadion aangebied word, is ‘n vars briesie tydens die onseker tye waarin ons tans leef. Die sportwêreld is sedert die begin van die Covid-pandemie op sy kop gekeer en reekse soos dié bring ‘n mate van normaliteit terug. Die vierde Dash-byeenkoms het Woensdagmiddag weer goeie atletiek opgelewer en Vrydagaand gaan die stadion se spreiligte weer helder brand wanneer die vyfde Dash-byeenkoms plaasvind. Die byeenkomste bied vir die langasems wat vir die SA-landloop Kampioenskap later vandeesmaand in Amanzimtoti gekwalifiseer het, die geleentheid om hul voorbereiding af te rond.







