Local newsNationalNewsNews

‘Emfuleni, help ons asb.!’ pleit inwoners van Karen Court in Vereeniging

Rioolwater wat nou al vir ses weke uit ‘n drein uit borrel kruip al hoe nader aan inwoners van Karen Court-woonstelkompleks se woonstelle.

VEREENIGING. – Indien die vloed van rioolwater nie gekeer word nie sal dit deur woonstelle spoel, matte en meubels beskadig en verdere hel vir inwoners veroorsaak.

Inwoners van dié woonstelkompleks in Smutslaan in Vereeniging se middestad is aan die genade van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit oorgelaat.

Volgens Alet van der Merwe, ’n assistent by Just Property, is dit al verkeie kere gerapporteer maar niks gebeur nie.

Inwoners kla al langer as ses weke en dit raak net erger,” vertel sy. Van der Merwe sê volgens terugvoer wat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit aan ’n loodgieter gegee het word die probleem deur ‘n verstopte hoofdrein veroorsaak, sowel as die feit dat pompstasies buite werking is.

Inwoners van die vyf woonstelle op die grondvloer – veral woonstel 7 – word die ergste deur die probleem geraak.

Van die inwoners kan nie by hulle woonstelle uit sonder om in die rioolwater te trap nie.

Inwoners van Karen Court-woonstelle meen die tyd het aangebreek om met die bestuurder praat. Foto: Verskaf
Dit blyk of die hoofdrein verstop is en die pompstasie boonop nie werk nie. Foto: Verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button