News

Oudisies open vir FLDC se 2022-dansprogram

Fast Lane Dance Company is 'n pre-professionele dansgeselskap met 'n program vir jong aspirantdansers. Kontak choreograaf-instrukteur Veronique Hall by admin@fastlanedancecompany.co.za

Veronique Hall, die eienaar, tegniese instrukteur en choreograaf van Fast Lane Dance Company (FLDC) in die Vaaldriehoek, nooi alle tieners wat mal is oor dans om deel te neem aan die oudisies vir die FLDC-program vir 2022.

Fast Lane Dance Company is ‘n pre-professionele dansgeselskap met ‘n program vir jong aspirantdansers.

Die fokus is op opleidingstegniek en om krag en soepelheid te bevorder. Alle tieners (meisies sowel as seuns) wat ernstig is oor dansstyle soos kontemporêr, jazz, liries en ballet en dit graag verder wil neem, kan Veronique op Facebook of Instagram kontak by @fastlanedancecompany of per e-pos by admin@fastlanedancecompany.co.za.

‘n Program vir mini-dansers (3 tot 5 jaar) is ook beskikbaar en beloof om van jongs af ‘n liefde vir dans by die kleingoed vas te lê.

********************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button