Local newsMotoringNationalNewsNewsSport

KZNA waarsku landloopatlete oor Amanzimtoti se duwweltjies

Atletiek KwaZulu/Natal (KZNA) het ’n waarskuwing aan landloopatlete wat die naweek aan die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskappe deelneem uitgereik oor duwwweltjies op die landloopbaan.

Die nasionale landloopkampioenskap vind tussen 17 en 18 September in Amanzimtoti in KwaZulu/Natal plaas.

Volgens KZNA se waarskuwing lyk dit veral erg by die wegspring- en eindpunt en wanneer atlete deurkom vir die tweede rondte.

“Hierdie plante/duwweltjies veroorsaak ongelukkig vir so drie weke elke jaar probleme aangesien hulle dié tyd van die jaar ontkiem. Ongelukkig vind ASA se landloopkampioenskap vanjaar in hierdie tydperk plaas,” lui die waarskuwing wat as ’n WhatsApp-boodskap aan atletiekliggame gestuur is.

“Daar is ongelukkig min wat KZNA aan die probleem kan doen en ons stel voor dat julle atlete waarsku om skoene aan te trek of hul voete dik toe te draai. Stuur asseblief die boodskap aan alle atlete,” lui die boodskap.

KZNA het atlete oor duwweltjies gewaarsku.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button