Local newsNewsSchools

HTS Sasolburg presteer by vaardigheidskompetisie

Nege van HTS Sasolburg se leerlinge het deurgedring na die provinsiale vaardigheidskompetisie wat in Bloemfontein gaan plaasvind.

SASOLBURG –Die Fezile Dabi vaardigheidskompetisie vir tegniese skole en skole wat tegniese vakke aanbied het op Saterdag 11 September by HTS Sasolburg plaasgevind.

Die kompetisie is ‘n jaarlikse inisiatief van die Departement van Onderwys in die Vrystaat.  

Die streekskompetisies word opgevolg met ‘n provinsiale kompetisie waar die leerlinge wat die eerste drie plekke in die verskillende vakke behaal het dan teen mekaar meeding.

Hierdie jaar vind die provinsiale kompetisie in Oktober in Bloemfontein plaas.

Daar is met groot konsentrasie en akurate presiesheid gewerk.

HTS se skoolhoof, Dirk Coetzee, het gesê graad 10 en 11 leerlinge van nege skole het Saterdag in Sasolburg byeengekom.  

Die skole was HTS Sasolburg, Kroonstad HS, Leketsetseng HS, Barnard Molokoane, Weiveld, Wilgerivier, Nampo, Dr. Cingo  en Thakamiso School.

Daar was sewe vaardigheidsvelde waaraan die leerlinge kon deelneem. Dit was siviele dienste, konstruksie, houtbewerking, elektronika, motorwerktuigkunde, sweis en metaalwerk en kragsisteme.

Beoordelaars van buite die onderwys is ingekry om die beoordeling te doen. Die kompetisie was straf en ‘n baie hoë standaard is gehandhaaf.

Die leerlinge moes praktiese take voltooi. Niemand het vooraf geweet wat die take presies sou behels nie, aangesien die koeverte met die opdragte eers Saterdagoggend ontvang is.

Een van die vaardigheidsvelde wat getoets is, was konstruksie

Die leerlinge het hul baie goed van hul taak gekwyt en HTS Sasolburg het  op hul Facebookblad hul top presteerders gelukgewens.

Die Spanners wat presteer het was: Mpho Masilo- 3de Sweis en metaalwerk, Jayden Snyman- 1ste Elektronika, Watumba Ntumba- 2de Elektronika, Oratile Ditibane – 2de Konstruksie, Moshe Sekgoka – 3de Konstruksie, Jacques Smit – 2de Motorwerktuigkunde, Keabetswe Lephoto – 1ste Houtbewerking, Thando Mohosho – 1ste Siviele dienste en Tebeoho Mosia – 3de Siviele dienste.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button