News

Vinnige fotograaf vang witblitse vas!

“Ek was behoorlik verras deur die storm wat Sondagaand deur die Midvaalgebied getrek het," sê Cobus

MEYERTON. – Plaaslike fotograaf Cobus van Zyl sê die natuur het hom op 5 September ‘n vinnige fees van fotogeleenthede gebied toe ‘n storm met gepaardgaande weerlig onverwags opgesteek het.

“Ek was behoorlik verras deur die storm wat Sondagaand deur die Midvaalgebied getrek het. Ek het omstreeks 19:30 van donderweer bewus geword en na buite gegaan om te gaan kyk. Die storm self het geen sigbare wolkstruktuur gehad nie; dit was soos om na spookasem te kyk,” sê Cobus.

“Ek het my kamera voor op die grasperk opgestel en het ‘n wolk-tot-wolk ligblits afgeneem, maar toe begin dit reën. Die reën jaag my toe met die kamera stoep toe. Die windsnelheid het skielik toegeneem, met sterk rukwinde en reën. Ek was toe so gelukkig om hierdie pragtige, meervoudige wolk-tot-aarde weerlig vas te vang,” vertel Cobus.

Ongelukkig was sy pret van korte duur want so vinnig as wat die storm opgesteek het, so vinnig was dit weer weg en die lug weer vol sterre.

Volgens die SA Weerdiens se voorspellings vir die Vaaldriehoek gaan daar nie gou weer ‘n geleentheid wees om blitsstrale hier af te neem nie. Sonnige weer word voorspel tot 23 September, met bewolkte weer en moontlike reën wat eers weer vanaf 24 September verwag word.

Die meervoudige blitsstrale wat fotograaf Cobus van Zyl op 5 September 2021 oor Midvaal afgeneem het.
Cobus van Zyl het dié weerligfoto in Oktober 2020 in Midvaal geneem.

*******************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button