News

Vaaldam 100% vol met reënseisoen op pad

’n Vol dam bied gerusstelling, maar die weerprentjie vir die komende maande bly onseker.

DENEYSVILLE – Die Vaaldam staan op 100% aan die begin van die oorgang na die somerreënseisoen, terwyl ’n versterkende El Niño onsekerheid oor die komende somer se reënval bring.

Op 6 September was die invloei na die dam 38,4 kubieke meter per sekonde, teenoor ’n uitvloei van 16,8 kubieke meter per sekonde. Geen sluise was oop nie.

Die dam se vlak behoort ’n sterk waterbuffer voor die somer te bied, veral omdat El Niño-toestande dikwels met warmer en droër toestande in Suider-Afrika gepaardgaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button