Local newsNews

Ouma Mary Coetzee is 100 jaar oud

Veels geluk aan Ouma Mary Coetzee wat Sondag haar 100ste verjaarsdag gevier het.

PARYS – Sondag was daar groot bedrywigheid by Najaarsrus Sentrum vir Bjaardes. Ouma Mary Coetzee se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders het kom kuier om haar 100ste verjaardag te vier.

Haar dogter, Beryl Venter sê haar moeder is sedert Augustus 2021 in die tehuis, nadat sy vir jare in onder andere Sasolburg en Vaalpark gewoon het. Ouma Mary het in Kaapstad, Bloemfontein en Worcester grootgeword.

Ouma Mary Coetzee saam met haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders op haar 100ste verjaarsdag. Foto verskaf/Beryl Venter

Sy het haar man, Jan in Windhoek ontmoet en die egpaar is 1 Maart 1952 getroud. Weens haar man se werk het hul telkemale verhuis en het onder andere in Nylstroom, Worcester en Sasolburg gewoon. Nadat haar eggenoot in 2009 oorlede is, het sy in Vaalpark gewoon.

“My ma was altyd baie besig. In Vaalpark het sy  in ʼn groot meenthuis gebly en alles self gedoen van die huiswerk tot by die tuin.

Sy het een maal per week vir ons kos gekook en daarop aangedring om self die skottelgoed te was,” vertel Beryl.

Volgens haar het haar ma altyd hard gewerk en baie onthaal. “My ma was die kwaai een,” sê Beryl. Haar ma het ongelukkig geval en haar heup gebreek in 2021 waarna sy Najaarsrus toe is.

“My ma het Engels grootgeword en die personeel weet as sy begin Engels praat is daar moeilikheid,” lag Beryl.

Ouma Mary het twee kinders, vier kleinkinders en sewe agterkleinkinders. Sy self was een van sewe, maar haar broers en susters het haar reeds ontval. Na haar lekker verjaarsdag saam met haar familie, beplan die sentrum om môre Ouma Mary se verjaarsdag met ʼn partytjie te vier.  

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button