Local newsNewsNews

AfriForum se Vanderbijlpark-tak hou #VegEnBou-week

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark hou van 26 September tot 1 Oktober 2021 ’n #VegEnBou-week en gaan verskeie projekte tydens dié week aanpak wat deel uitmaak van die strategiese doelwitte van AfriForum se veg-en-bou-plan wat vroeër vanjaar bekendgemaak is.

Die veg-en-bou-plan se kernfokuspunte is veiligheid, selfstandigheid, geregtigheid, identiteit en organisasiebou.
Die tak se program lyk as volg:

•26 September – Begraafplaasdiens by die Vanderbijlpark-begraafplaas
•27 September – Skoonmaak van veld parkie: Die plek sal bevestig word.
•28 September – Vul van slaggate vul: Plek sal bevestig word.
•29 September – Boomplantdag by Lochvaal-deurgangshuis
•29 September – Boomplantdag by Nanescol-begraafplaas
•29 September – Laerskool Vaalrivier bederf en speel by kinderhuis
•30 September – Dag van bederf en kuier by Pioneer House
•1 Oktober – Massapatrollie

“AfriForum wil ’n toekoms skep waar Afrikaners vry, veilig en voorspoedig hier aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan, in vreedsame naasbestaan en met wedersydse erkenning en respek.

“Ons wil die bestaande werklikhede op ’n sinvolle manier beïnvloed en nuwe ‘werklikhede’ skep deur selfstandige gemeenskappe en sterk gemeenskapsinstellings te bou en te ondersteun.

“Hierdie plan kan in twee eenvoudige woorde opgesom word: ‘veg’ en ‘bou’,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Die tak het ook ’n leuse vir die veg-en-bou-week geskep naamlik: “Veg agteruitgang en bou ’n toekoms”.

As ’n gemeenskap saamstaan en help bou, kan en sal ons dit saam regkry. Die tak nooi die gemeenskap daarom uit om by AfriForum betrokke te raak en om saam met die organisasie te werk om agteruitgang te beveg.

Skakel 072 908 1345 of stuur ’n e-pos na vanderbijlpark@afriforumtak.co.za vir meer inligting of om by dié week betrokke te raak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button