Local newsNewsNews

Deel in die pret by Vaalpets

Hierdie naweek word daar honde gebad en volgende naweek is daar 'n pretloop in pienk!

VANDERBIJLPARK. –  Vaalpets nooi alle diereliefhebbers uit om  hul hierdie Saterdag, 18 September, te kom uithelp.

Vrywilligers word gesoek om te kom help om die honde te bad en te borsel, hokke te was, komberse te was (daar is wasmasjiene), tuin te maak en net oor die algemeen die plek bietjie op te knap.

Foto: Facebook Vaalpets

Danielle van Rooyen van Vaalpets sê hulle wil veral die honde bederf met baie aandag.

Elke hond verdien mos daardie ekstra bietjie TlC.

“Ons gaan heeldag besig wees. Mense is welkom om so van 09:00 af te kom inval”, het sy gesê.

Indien jy nie die naweek beskikbaar is vir die groot Lente-skoonmaak projek nie, dan kan jy altyd op 24 September 2021 aan die Charity CANSA pretloop deelneem wat ook by Vaalpets gehou gaan word.

Toegangsgelde is R50 per persoon en die inkomste sal gedeel word tussen CANSA en Vaalpets.

Registrasie vir die pretloop open om 08:00 op 24 September en daar word beplan om 09:00 weg te spring.

Danielle sê deelnemers kan van die skuiling se honde saam met hulle op die pretloop, wat op die gronde gaan plaasvind, neem.

Daar sal ook cupcakes te koop wees ten bate van CANSA.

Foto; Vaalpets Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button