Dokkie wat van gebou af spring stabiel maar in baie pyn
Die gr. 8-meisie van Hoërskool Dr. Malan wat Donderdagoggend (16 September 2021) van die tweede verdieping van ’n skoolgebou af gespring het in ’n poging om haar eie lewe te neem is wakker maar in baie pyn.
MEYERTON. – Die skools se hoof mnr. Rossie Briers en lede van die skool se beheerliggaam is glo vanoggend deur om die meisie by die Baragwanath Chris Hani-hospitaal in Soweto te te gaan besoek waar sy tans aansterk.
Briers het laat weet: “(Die) hospitaal het ons laat weet sy is wakker. (Sy is in) baie pyn maar gelukkig stabiel. (Sy is) nog nie uit gevaar nie.”
Vaalweekblad het gister berig die meisie (14) het kop en heupbeserings opgedoen nadat sy glo van die tweede verdieping van ‘n skoolgebou af gespring het in ‘n poging om haar eie lewe te neem.
Die voorval het glo kort ná 11:00 gebeur toe meeste van die kinders wat toetse by die skool geskryf het reeds huistoe is.
Wessel Hattingh, voorsitter van die skool se beheerliggaam wat op die toneel was terwyl die meisie behandel is sê dit het (Donderdag) op die oog af gelyk of haar kakebeen gebreek is.
Sy het glo ook haar tong raakgebyt en haar regtergewrig beseer.
Volgens Hattingh was ‘n noodhulpbeampte van mening dat al die werwels in plek was.
Sy het gekla oor pyn in haar pelvis en heuppotjie.
André Coetzee, ‘n helikoptervlieënier en oudleerling van die skool het gehelp om die 14-jarige per helikopter na die hospitaal te vervoer.
Die meisie woon by ‘n plaaslike kinderhuis.
Volgens Hattingh is ‘n gebedsgroep gevorm om vir die meisie te bid.


