News

Nuwe J&B spog met ‘n blinknuwe voorkoms!

Heelwat vernuwings is die afgelope maande aangebring om J&B meer gebruikersvriendelik te maak.

VANDERBIJLPARK. – J&B Driving Range, Pub & Grill het pas ‘n splinternuwe baadjie aangetrek, en die nuwe bestuur nooi almal om by dié gesellige kuierplek te kom inloer. Dit is langs die Barragepad, met die ingang in Cornwallis Harrisstraat, SE7.

Mnr. Jannie Pelser, die nuwe eienaar, het groot veranderinge aangebring om J&B na nuwe hoogtes te neem. Jong-generasie gaste gaan dadelik tuis voel in die nuwe J&B se gasvrye atmosfeer, terwyl die ou garde opnuut met hartlikheid verwelkom word.

Heelwat vernuwings is die afgelope maande aangebring om J&B meer gebruikersvriendelik te maak. Dit sluit onder andere groot strukturele veranderinge in, waar gaste in ‘n moderne, ruimer opset kan saamkuier.Jannie Pelser nooi die hele Vaaldriehoek uit om te kom inloer en die nuwe J&B se splinternuwe voorkoms en opwindende nuwe atmosfeer vir hulself te beleef. Buiten vir die smaaklike kos en wye verskeidenheid drinkgoed, is die afslaan-oefenbaan ook steeds ‘n gewilde trekpleister vir gholfspelers.J&B is die ideale plek waar jy en jou vriende informeel vir ‘n paar biere en ‘n afslaansessie op die oefenbof kan kom kuier, of waar vriendinne hulself met ‘n ligte ete en ‘n drankie kan kom bederf. Jy hoef ook nie verder te soek as jy jou hele gesin op ‘n vullende maaltyd wil trakteer nie – en alles teen sakpas-pryse wat jou breed sal laat glimlag!

J&B is ten volle gelisensieerd en die nuwe kroeg het iets wat in almal se smaak sal val – of jy nou hou van iets tradisioneel soos Buffelsfonteinbrandewyn of iets meer eksklusief, jy sal dit in die netjiese kroeg vind – soos Soweto Brew Cherry Ale, ‘n verfrissende bier wat bestaan uit ‘n kombinasie van rooi en swart kersienektar, kundig vermeng in ‘n uitsonderlike moutdrankie. J&B spog ook met “Beer-on-Tap”. Kom beproef dit gerus! Alkoholiese drank word natuurlik slegs aan gaste van 18 jaar en ouer verkoop, maar vir die kleinspan is daar ‘n wye verskeidenheid nie-alkoholiese drinkgoed om van te kies.

Die kos is uit die boonste rakke en jy het ‘n keuse tussen iets lig soos geroosterde broodjies, chicken strips of hoenderlewertjies en ‘n hamburger, of iets stewiger soos ‘n behoorlike T-been en ‘n verskeidenheid bykosse soos aartappelskyfies, kapokaartappels of pap-en-sous. Gaste kan ook kies of hulle in die buitelug wil kuier en eet, of liewer in die restaurantgedeelte binne, waar sport op TV-skerms vertoon word. J&B is van Maandae tot Saterdae oop vanaf 10:00 tot met voorgeskrewe inperkings-ure, en Sondae vanaf 10:00 tot 16:00. Die ure sal aangepas word namate Covid-inperkingsvlakke verander word.

Meer besonderhede is beskikbaar by 072 884 4333, of besoek J&B se Facebookblad by https://www.facebook.com/JB-Driving-Range-Pub-and-Grill-107080551627703/ vir meer inligting oor hul spesiale aanbiedinge.

*********************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button