Laaste kans om te registreer
Dit is vandag (Saterdag 18 September 2021) en more (Sondag 19 September 2021) jou laaste kans om te registreer om in die munisipale verkiesing later vanjaar te stem.

Die plaaslike regeringsverkiesing vind op 1 November 2021 plaas.
Stemgeregtigdes sal dan die geleentheid kry om rade van metropolitaanse en plaaslike munisipaliteite te kies.
Kieser wat wil stem moet seker maak dat hulle geregistreer is om by ‘n stempunt in hul wyk te stem.
Om te kyk of jy geregistreer is (of by die regte stempunt geregistreer is) kan jy jou ID-nommer na 32810 stuur en jy sal ‘n boodskap ontvang (die SMS kos jou R1).
Indien jy nie geregistreer is nie kan jy aanlyn registreer of vandag tussen 08:00 en 17:00 na jou naaste stempunt gaan om te registreer.
Indien jy nie seker is waar jou naaste stempunt is nie kan jy jou plaaslike raadslid vra.
Indien jy nie weet wie jou plaaslike raadslid is nie stuur jou ID-nommer na 32245 (die SMS kos jou R1).
Om te kyk of jy geregistreer is vir ‘n spesiale stem kan jy jou ID-nommer na 32711 stuur (die SMS kos jou R1).
Vir meer inligting, besoek die verkiesingskommissie se webwerf by: https://www.elections.org.za/pw/voter/voter-information
