Local newsNationalNewsNews

Man vas oor rooftog met speelgoedgeweer

Die polisie in Vanderbijlpark het ’n 41-jarige man van Soweto in hegtenis geneem wat glo saam saam met twee van sy makkers ’n winkel in die Vaal Mall met ’n speelgoedgeweer beroof het.

VANDERBIJLPARK. – Volgens sers. Gertrude Makhale, polisiewoordvoerder het sekuriteitspersoneel vinnig gereageer nadat drie mans ’n winkel in die Vaal Mall van selfone beroof het.

Die mans het blykbaar die winkelpersoneel met die vuurwapen aangehou en drie sportsakke vol selfone gestop voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die sekuriteitsbeamptes het die polisie ontbied.

Danksy goeie samewerking tussen die polisie en die sekuriteitsmaatskappy kon een van die verdagtes in hegtenis geneem word.

Volgens Makhale is daar later vasgestel dat die vuurwapen wat hy saam met hom gedra het ’n speelgoedgeweer is.

Die polisie is besig om te bepaal of hy met ander misdaad verbind kan word.

In ‘n afsonderlike voorval verlede Woensdag (15 September) het die polisie ook vier verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle in besit van karsleutels, seinblokkers, tweerigtingradio’s, nommerplate en toerusting wat vermoedelik gebruik is om motordiefstal te pleeg betrap is.

Volgens Makhale is die verdagtes van Soweto, Orange Farm en Eldoradopark.

Die inhegtenisnames volg nadat ’n verdagte wit Toyota Corolla by verskeie geleenthede gewaar is waar kapings en motordiefstalle plaasgevind het.

Die polisie, plaaslike GPF, patrolleerders en veiligheidsmaatskappye het die voertuig gewaar en dit agternagesit.
Dit het in ‘n jaagtog ontaard.

Nadat roetes versper is kon die polisie daarin slaag om die vier verdagtes in hegtenis te neem.

Vanderbijlpark se stasiebevelvoerder, brig. Nikiwe Hoaeane het die polisie geloof vir hul goeie werk en ook veiligheidsmaatskappye, patrolleerders en die plaaslike GPF bedank vir hul samewerking.

Toerusting wat vermoedelik gebruik is om voertuie te steel. Foto: Verskaf
Die wit Toyota Corolla waaarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button