Barnyard Vereeniging sorg vir pret op die planke
VEREENIGING. - Die afgelope jaar en ‘n half was maar ‘n droeë jaar wat vermaak betref. Maar daar is nou weer baie vemaak om na uit te sien by die Barnyard.

Die gewilde Jay is Saterdag (25 September) op die verhoog by die Vereeniging Barnyard. So maak reg vir ‘n lekker jol. Die vertoning begin om 19:00, maar daar kan reeds vooraf lekker gesellig verkeer word. Kaartjies vir die vertoning beloop R150pp.
Die volgende vertoning op die planke is Andriette op Saterdag, 2 Oktober. Haar vertoning sal ook om 19:00 begin en kaartjies is R120pp.
En dan, op Saterdag 23 Oktober is dit niemand anders as die immergewilde Juanita du Plessis wat haar Valie-aanhangers kom bederf nie. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies beloop R170pp (daar is beperkte kaartjies oor).
Besprekings kan tans slegs telefonies en aanlyn gedoen word by 016 454 8388 of www.barnyardvereeniging.co.za of bookings@barnyardvereeniging.co.za

