Pretloop by Vaalpets hierdie Vrydag!
'n Pretloop in pienk word ten bate van liefdadigheid gehou op Vrydag, 24 September.

VANDERBIJLPARK. – Vrydag, 24 September 2021 is amptelik bekend as Erfenisdag, maar ons ken dit almal as Nasionale Braaidag.
Voordat jy die braaivleisvure aansteek Vrydagmiddag, kan jy eers jou goeie daad vir die dag doen. Boonop is dit goed vir jou gesondheid.
Vrydag vind daar ‘n pretloop plaas ten bate van CANSA en Vaalpets op Vaalpets se gronde.
Dis gelee op die hoek van Fred Droste- en Huntslaan. Vaalview.
Toegangsgelde is R50 per persoon en die inkomste sal gedeel word tussen CANSA en Vaalpets.
Registrasie vir die pretloop open om 08:00 op 24 September en daar word beplan om 09:00 weg te spring.
Danielle sê deelnemers kan van die skuiling se honde saam met hulle laat stap tydens die pretloop.
Daar sal ook cupcakes te koop wees ten bate van CANSA. Die kleur vir die dag is pienk, so deelnemers word gevra om hulself in pienk te tooi. Onthou jul maskers!
