Local newsNewsNews

André Rieu – digitale konsert by die ERT

Lus om net terug te sit en 'n middag van goeie musiek te geniet? Die Etienne Rousseau Teater is Sondagmiddag die plek om te wees.

SASOLBURG. – Daar is nog kaartjies beskikbaar vir die André Rieu digitale vertoning van Together Again – Join the celebration wat deur die ERT Fliekklub by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg op 26 September 2021 aangebied word. 

André Rieu kan toor met ‘n viool en sy Johann Strauss orkes bekoor gehore wêreldwyd nou al vir dekades.

Together Again  – Join the celebration is deur André self saamgestel. Dit word vanaf 24 – 26 September by geselekteerde teaters in Suid-Afria vertoon. Kyk hier na die amptelike uitnodiging.  

Vaaldriehoekers is bevoorreg om hierdie vertoning by die Etienne Rousseau teater op die groot skerm te kan meemaak.

Dié digitale konsert neem die gehoor op ‘n reis na verskeie van die orkes se gunstelingplekke waar hulle al oor die jare opgetree het.

Dit sluit Mainau, Bucharest, Mexico City, Melbourne, Istanbul en natuurlik Amsterdam in.

Die gebore Nederlander glo dat enige een klassieke musiek kan geniet.

Hy is bekend vir sy skerp sin vir humor, meesterlike vertolkings en sjarme en hierdie vertoning beloof om jou van al jou stres te laat vergeet. 

Kaartjies beloop R100 per persoon. Die vertoning begin om 14:00 en duur 140 minute.

Bespreek jou sitplek deur jou naam, van, e-posadres en die aantal kaartjies wat jy wil koop, na 063 217 5147 te WhatsApp.

Vir meer besonderhede besoek die teater se Facebookblad by @ERTSasolburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button