News
Groot beloning: Help dié verlore Seun om huis toe te kom!
Sy eienaar, Charlotte du Preez, is gebroke en soek sonder ophou na hom

Dié hondjie, Seun, word sedert 24 Augustus vanaf sy huis in Boechotenstraat, Meyerton, vermis. Sy “mens-ma”, Charlotte du Preez, is gebroke en soek sonder ophou na hom. ‘n Groot beloning word aangebied aan die persoon wat Seun kan vind en huis toe bring. Daar gaan groot blydskap wees en Vaalweekblad sal seker maak dat die persoon wat hom terugbring, hul beloning kry! Charlotte kan by 082 654 0652 gekontak word.



***************************************************************************************************************************
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
