Local newsNewsNews

HTS Sasol spog met onderwyser van die jaar finalis

Dis altyd lekker as 'n mede-Valie presteer. Baie geluk. Ons hou duim vas.

Die Spanners se departementshoof van tegniese vakke en hoof van rugby, Stefan Geldenhuys, is op Solidariteit se finaliste lys vir onderwyser van die jaar.

Solidariteit het op hul webtuiste genoem dat die kompetisie tussen die genomineerders baie straf was, maar dat hul uiteindelik tog die top 20 finaliste vir onderskeidelik die hoërskool – laerskoolonderwyser kategorieë kon kies.

Stefan het in 2010 begin skoolhou by die Hoërskool Wilgerivier in Frankfort as ‘n Ingenieursgrafika en – Ontwerp-onderwyser vir Gr. 10 –12. In 2013 het hy hom by die HTS Sasolburg-span aangesluit.

Hier is hy baie meer as net die HOD tegniesevakke. Hy is ook die koshuisvader en is aktief betrokke by die skool se atletiek, rugby en krieketafrigting.

Stefan sê: “Ek het nooit vir ‘n oomblik twyfel in my hart gehad dat ek ‘n onderwyser wil wees nie, dit is my roeping.”

Elke finalis se storie word in sy of haar eie woorde vertel op Solidariteit se webtuiste.

Stefan sluit syne af met: “Die onderwys is nie ‘n maklike beroep om in te staan nie, maar my werk is elke dag vir my lekker, nie altyd die hele dag nie, maar elke dag. Sal ons wankel voor die storm van die dag? Nimmer nee!”

Die publiek het nou die geleentheid om vir hul gunsteling finalis te stem.

Gaan na https://soli.online/3cp om vir Stefan te stem.

Stemme sluit 1 Oktober 2021 om 17:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button