LifestyleNews

Skreeusnaakse romantiese kaalnael-komedie, Kaalgat Karel, gaan almal laat skater!

Te sien in rolprentteaters vanaf 24 September

Boondogle Films se langverwagte en bekroonde romantiese komedie, KAALGAT KAREL, word uiteindelik op Erfenisdag, 24 September 2021 vrygestel en die produksiespan en akteurs kan nie meer wag om dit met plaaslike kykers te deel nie.

“Dit was baie frustrerend om KAALGAT KAREL se vrystelling twee keer uit te stel. Meer die tydsberekening is nou perfek,” sê regisseur Meg Rickards, wat die film geskryf en vervaardig het saam met haar man, Paul Egan. “Alles is besig om uiteindelik weer oop te maak en mense sien uit daarna om uit te gaan. Ons dink ’n prettige fliek is net wat almal nodig het na die hartseer en verlies van die afgelope agtien maande. Soos wat die tyd nader kom, voel ons amper soos ’n kaalnaeler voordat hy sy ding doen – senuweeagtig en opgewonde!”

Hierdie skreeusnaakse rolprent, met Francois Jacobs (Donkerland, Vir die Voëls, Pad Na Jou Hart) en Christia Visser (Tess, Ballade vir ’n Enkeling, Hollywood in my Huis) in die hoofrolle, het reeds ’n groot indruk gemaak op oorsese kykers en kritici en het toekennings by verskeie internasionale rolprentfeeste gewen, waaronder Beste Speelfilm, Beste Romantiese Komedie, Beste Vervaardigde Rolprentdraaiboek en Beste Internasionale Produksie.

KAALGAT KAREL vertel die storie van Karel Venter (Jacobs), – ’n dertigjarige kaalnaeler wat die ongewensde aandag wat sy aksies by sportgeleenthede kry, geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus, Rita (Visser) wat hom red nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar daar is een probleem; sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.

Buiten vir uitstekende kinematografie deur Bert Haitsma, spog die fliek ook met ’n sterbelaaide rolverdeling, waaronder Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen,  Eden Classens en die komediant Schalk Bezuidenhout, wat saamstem dat hierdie goedvoel-prent presies is wat die dokter voorgeskryf het.

KAALGAT KAREL het niks te doen met Covid nie en is in elk geval geskiet voordat dié pandemie ’n ding was. In hierdie tye kan ons almal doen met ietsie lig wat jou laat goed voel, sonder ’n enkele masker of sanitizer in sig,” verduidelik hy. “O ja, en jy sien Francois Jacobs se agterwêreld nogal baie in die movie,” voeg hy by met ’n vonkel in die oog.

Verder kom KAALGAT KAREL ook met Engelse onderskrifte, ’n indrukwekkende klankbaan deur Loki Rothman, en ’n tong-in-die-kies-temalied deur Jack Parow – Altyd Op Vakansie.

Dit word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die –Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep.

Kyk die lokprent hier: https://youtu.be/8_hGAiPX5GI

 

Om deel te wees van die opwinding, bespreek jou kaartjies hier:

https://www.sterkinekor.com/details/HO00002123/kaalgat-karel

https://numetro.co.za/movie/5757/

 

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/KaalgatKarel
Instagram: @kaalgatkarel

Twitter: @kaalgatkarel

Hutsmerk: #KaalgatKarelFilm

 

***********************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button