Local newsNewsNews

Waarskuwing: Paaie na viswaters gevaarlik!

Valies wat die langnaweek na die Vrystaat se viswaters (veral in die Deneysville- en Oranjeville-omgewings) reis vir 'n lekker wegbreek, word gewaarsku om versigtig te bestuur omdat sommige van die paaie in gehawende toestand is.

Van die paaie het groot slaggate en geen waarskuwingtekens of padtekens nie, wat sal veroorsaak dat pap wiele langs die pad vervang sal moet word. So wees op die uitkyk vir ander motoriste.

Van die slaggate is nie sigbaar totdat jy reg by dit is nie.

Dan word daar ook gewaarsku dat die Magrieta Prinsloo-brug oppad na Villiers ook nog nie hersel is nadat ‘n motoris onlangs beheer verloor en deur die brugreling gebars en in die rivier beland het nie.

Die beskadigde reling van die Magrieta Prinsloo-brug is nog nie herstel nie. Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button