Local newsNationalNewsNews

Brand verwoes huis

'n Brand het Vrydagmiddag (2021/09/24) 'n huis in Jansenlaan, Peacehaven in puin gelê.

VEREENIGING. – Volgens die eienaar is niemand genadiglik tydens die voorval beseer nie.

Lydia Letebele sê sy het in haar eetkamer gesit en gesien hoe die kinders buitentoe gaan.

Iets het vir haar gesê sy moet opstaan en ook buitentoe gaan.Toe ek buite kom het ek gesien dat die slaapkamer aan die brand is.

Ek het vlamme en rook gesien.

Ek het my man gaan roep.

Hy het naby die huis gewerk.

Toe ons terug kom was daar geen manier om in die huis in te kom nie.

Daar was rook orals,” vertel sy.

Volgens Letebele kon almal gelukkig betyds uit die huis kom.

Die skade wat aan die huis aangerig is, is ‘n ander storie.

Brandbestryders blus vlamme by ‘n huis in Jansenlaan. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button