Local newsNewsNews

Pragtige nagtegale binnekort by Barnyard te sien

VEREENIGING. - Daar is nou weer baie vertonings by die Barnyard waarna uitgesien kan word. Die gewilde Jay is Saterdag, 25 September op die verhoog en daarna is daar twee pragtige blondines wat Valies kom vermaak.

Maak maar reg vir ‘n lekker jol saam met Andriette op Saterdag 2 Oktober. Haar vertoning begin om 19:00, maar daar kan reeds vooraf lekker gesellig gekuier word. Kaartjies vir die vertoning beloop R120 per persoon.

En dan, Saterdag, 23 Oktober is dit niemand anders as die immergewilde Juanita du Plessis wat haar Valie-aanhangers kom bederf nie.  Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies beloop R170 per persoon (daar is beperkte kaartjies oor).

Besprekings kan op die oomblik slegs telefonies en aanlyn by (016) 454 8388 of www.barnyardvereeniging.co.za of bookings@barnyardvereeniging.co.za gedoen word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button