Local newsNewsNews

Ter wille van ons erfenis

Vaalpark Primêre Skool doen hul deel om 'n volhoubare toekoms te verseker deur plastiek te herwin. Hulle daag ander skole uit om dieselfde te doen.

Vaalpark Primêre Skool het weereens bewys waarom hulle uitstaan as ‘n omgewingsvriendelike skool waar diensbaarheid ‘n prioriteit is.

Op Donderdag, 23 September 2021 kon almal as deel van Erfenisdag vieringe, met gewone klere skool te gaan.

Die enigste voorwaarde was dat elke leerder ten minste twee leë plastiekhouers moes saambring.

Al die plastiek is bymekaar gemaak in herwinningsakke wat Safripol by die skool kom afgee het.

Mari van der Merwe van Safripol, Tenika Smith, Charmaine Kriek (skakelbeampte) en Mr V by van die sakke met die herwinbare plastiek.

Hulle het later ook weer die vol sakke met herwinbare plastiek kom haal.

Die skool se skakelbeampte, Charmaine Kriek sê: “September is opruimingsmaand en Vaalpark Primêre Skool wil die gewoonte by ons kinders kweek om na hul omgewing om te sien. Hiermee maak hul ‘n verskil in ons land en sy omgewing.”

Sy het bygevoeg dat die skool se personeel en leerlinge beoog om op Saterdagoggend, 16 Oktober ‘n massa opruimingsveldtog in Vaalpark te loods ten einde ‘n skoner dorp te hê waarop almal trots kan wees.

Die skool nooi al die ouers van Vaalpark Primêre Skool en ander gemeenskapslede uit om saam met hulle ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Die sakke vol herwinbare plastiek wat die skool ingesamel het en aan Safripol oorhandig het. Foto: verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button