Warm kleur en ritme by Riviera Hotel se eerste Piekniek in die Park
Die volgende Piekniek in die Park, met Arno Jordaan as gaskunstenaar, word vir Sondag, 17 Oktober beplan. Plek is beperk, so bespreek vinnig om teleurstelling te voorkom. Nadere besonderhede is beskikbaar by (016) 420 1300.
VEREENIGING. – Aanhangers van Pieter Koen kon hul biscuits behoorlik skud en sommer ook die winter uit hul gemoed skud toe dié gewilde sanger Sondag, 14 September, op die golwende grasperke langs die Vaalrivier by Riviera Hotel opgetree het.
Die geleentheid was die hotel se eerste Piekniek in die Park, wat voortaan ‘n gereelde instelling gaan word.
Dit was die perfekte dag vir ‘n piekniek onder die bome langs die rivier. Koen het die gehoor met sy opgewekte musiek en hartlike persoonlikheid om sy pinkie gedraai en gesellig tussen die gaste beweeg, wat dit ‘n baie persoonlike en onvergeetlike vertoning gemaak het.
Riviera Hotel se kombuis het gesorg vir heerlike piekniekmandjies, gevul met verruklike versnaperinge wat gaste gedurende die optrede kon geniet, en ‘n bottel van Middelvlei-wynlandgoed se beste wyne.
Die volgende Piekniek in die Park, met Arno Jordaan as gaskunstenaar, word vir Sondag, 17 Oktober beplan. Plek is beperk, so bespreek vinnig om teleurstelling te voorkom. Nadere besonderhede is by (016) 420 1300 beskikbaar.

****************************************************************************************************************************
