Local newsNewsNews

Dubbel-moord skok Oranjeville, verdagtes reeds vasgetrek

ORANJEVILLE. - Die klein, rustige dorpie se inwoners was Donderaand erg geskok oor 'n dubbel-moord in hul midde.

Die polisie het Donderdag omstreeks 18:15 op die moordtoneel in Markstraat opgedaag. Daar is op die liggame van Johannes van Vuuren (80) en Dorothia van Staden (58) afgekom, nadat Van Staden se man verskeie kere probeer het om haar te kontak en later ‘n familielid gevra het om te gaan kyk wat aangaan.

Van Vuuren is in die binnehof aangetref met veelvuldige meswonde en Van Staden is in die motorhuis gevind met veelvuldige hoof- en lyf-beserings.

Die huis in Markstraat was geplunder en onder die gesteelde items was ‘n rekenaar en televisies.

Die verdagtes in die dubbele moord is later dieselfde aand deur die Honde Eenheid en Blitspatrollie van die Gqeberha (Port Elizabeth) in hegtenis geneem.

Mnr. Van Staden se stiefdogter (36) en haar man (34), asook hul 10-dogtertjie wat ten tyde van die moord by die Van Stadens woonagtig was, het intussen spoorloos verdwyn. 

Daar is dadelik ‘n kennisgewing uitgestuur met hul motor (‘n goue 3-reeks BMW) se registrasienommer. Omstreeks 21:00 Donderdagaand het lede van die Gqeberha Honde Eenheid en Blitspatrollie inligting oor die motor ontvang.

Die motor is naby die N2 naby Coega opgemerk. Die polisielede het hulle agtervolg, afgetrek en in hegtenis geneem. Daar word vermoed dat hulle onderweg was na Kariega (Uitenhage).

Die 10-jarige dogtertjie is na ‘n plek van veilige bewaring geneem. Die egpaar sal waarskynlik op Maandag, 27 September in die Heilbron Hof verskyn.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button