Local newsNewsNews

Kind sterf ook toe vragmotor teen voertuig bots

VEREENIGING. - Nooddienspersoneel van Netcare911 moes vroeg vanoggend hulp verleen by 'n ongelukstoneel op die Uitvlugtpad duskant Fourways, toe 'n vragmotor teen 'n ligte voertuig by die Heidelberg/Vereeniging-kruising gebots het.

Die ongeluk het net na 05:00 gebeur. Een van die beseerdes is op die toneel gehandel en daarna na Mediclinic Vereeniging geneem.
Die ander insittendes in die voertuig, ‘n man, twee vrouens en ‘n kind van vermoedelik sowat 3 jaar oud, kon ongelukkig nie gered word nie en is op die toneel dood verklaar.
Die ongeluk word ondersoek.
Die kruising waar die die noodlottige ongeluk plaasgevind het op die Uitvlugtpad buite Vereeniging.
Die wrak van die voertuig wat in die ongeluk betrokke was. Foto’s: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button