Local newsNewsNews

Pragfoto’s so kort voor ‘blou’ Maandag

Vaalweekblad deel met trots foto's wat van regoor Suid-Afrika, asook vier ander lande (Nieu-Seeland, Maleisië, Andorra en die VSA) ontvang is.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel.  Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

Die enigste vereiste is dat die foto’s skerp en duidelik moet wees sodat dit mooi op die fotoblad vertoon.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 66ste fotoblad verkyn in Vaalweekblad (29 September). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Marna Nel (oud-Sasolburger) wat nou in Napier, Nieu-Seeland woon, het die skitterende foto by Mount Raupehu naby Taupo geneem. Die eenvoud, lyne en skakerings maak die foto besonder treffend.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Magda Vermeulen van Vereeniging het ook ‘n treffende foto in skakerings van blou in Amanzimtoti geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die oulike foto by die Victoria Wharf Waterfront geneem.
“Daardie kant toe” –  Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi foto van die oulike “rigtingwyser” geneem.
Rickus Strydom (oud-Valie) wat nou in San Jose, California in die VSA woon, het die skitterende nagfoto geneem. Besoek Rickus Stydom Photography se Facebookblad om van sy kunswerke te koop.
Scholtz Buys from Cape Town captured this beautiful photo in Kirstenbosch Gardens, Cape Town.
Vandachka Gouws van Vereeniging het die mooi foto geneem. Kontak Veejays Lens gerus by 072 0895 906.
Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die mooi foto van die maan helder oor dag geneem.
Rozan Koen (Prime Photography) van Vaaloewer het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus by 081 284 3227.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto in Penang geneem.
Albertus Kriel van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Alicha de Beer van Meyerton (Love in a lens photography) het die mooi foto geneem.
Antoinette Smit (A-Infinite Photography) van Meyerton het die oulike foto geneem. Kontak haar gerus by 078 955 7925.
Celeste Meintjes van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto geneem.
“Brakpan Airfield Tiger Moth Fly-In” – Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Chantell Strydom (Strydom Photography) van Vredefort het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus by 063 820 7663.
Christell Fouché van Drie Riviere-Oos het die mooi foto tydens ‘n wegbreek-vakansie onderweg van Upington na Riemvasmaak geneem.
Christo Meintjes van Pretoria het die mooi foto van ‘n Lel kiewiet geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto van peerboom-bloeisels geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Fransie Stevens (oud-Valie) van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Gerald Gower van Sasolburg het die mooi nywerheidsfoto geneem.
Helena van Rooyen van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto by die Voortrekker Monument geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi foto op ‘n plaas tussen Albertinia en George geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige landskap foto by Engolasters Lake geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die mooi foto op hul plaas Mooidoorns net buitekant Brandfort geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto met vakansie in die Kaap geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere-Oos het die mooi foto in Calvinia geneem.
Christo Meintjes van Pretoria het die mooi natuurfoto geneem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button