Local newsNewsNews

Vaalpark – Misdaad bekamp met digitale tegnologie

Hoe kry Vaalpark dit reg om so baie inwoners by misdaadbekamping te betrek?

VAALPARK. – Wetsoortreders leef swaar in Vaalpark. Om die waarheid te sê, hulle word glad nie geduld nie.

Die gemeenskap werk saam om die dorpie langs die Vaalrivier veilig te hou. Maar hoe doen hulle dit?

Deur die gebruik van digitale tegnologie en sosiale media.

Die Public Eye hommeltuig (drone) word ingespan om verdagtes vas te trek. Foto: verskaf

Volgens Arrie Coetzee van Public Eye (‘n nie-winsgewende organisasie) is meer as 30% van Vaalpark se gemeenskap op een of meer van hul forums op die sosiale media toep, Telegram, betrokke.

Die VIP groep is vir lede wat finansiële bydraes lewer en die ander Public Eye Telegram groep is oop vir almal.

Die groepe is baie aktief en daar word daagliks verdagte mense of voertuie aangemeld wat dan dadelik deur patrolleerders opgevolg word.

Op die VIP groep word daar dan ook van tyd tot tyd finansiële state van Public Eye gedeel asook toekomsplanne ten opsigte van die dorp se veiligheid en sekuriteit.

Arrie sê die groot voordeel van Telegram is dat daar nie ‘n beperking is op die hoeveelheid mense in ‘n groep nie en dat die inhoud ook beter deur die admins bestuur kan word.

Die ander toep wat ingespan word is Zello. Die toep bewerkstellig kommunikasie tussen selfone en tweerigtingradios.

Enigeeen kan die toep aflaai, maar moet eers ‘n “trusted user” van Public Eye wees alvorens hulle sal kan inluister of via hul selfone met radiobeheer kan kommunikeer.

“Dis baie goedkoper as om van elke lid te verwag om ‘n tweerigtingradio aan te skaf”, het hy laat weet.

Alhoewel misdaad in Vaalpark laag is, waarsku Arrie dat die publiek altyd waaksaam moet bly.

“Wanneer hier wel ‘n rooftog of diefstal plaasvind, is dit gewoonlik waar iemand ‘n geleentheid gesien het om die misdaad te pleeg.

“Mense los steeds hekke, veiligheidsdeure en selfs motorhuisdeure oop. Ons sien dit as ons in die nagte patrolleer.”

Patrollies word ook nie net per motor gedoen nie, Public Eye span ook gereeld hul hommeltuig (drone) in om die dorp van bo af te beskou.

Vaalpark inwoners kan gerus by die by die Public Eye groep op Telegram aansluit.

Hoe meer gemeenskapslede betrokke raak, hoe veiliger sal die dorp wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button