LifestyleNews

Blokraaisels met R2 000 se prysgeld en pryse is terug in Vaalweekblad!

Alle liefhebbers van blokkiesraaisels moet seker maak julle koop elke week se Vaalweekblad! Jy kan ook aan die aanlyn-vasvra deelneem en groot pryse wen!

Aandag alle blokkiesraaisel-geesdriftiges! Die blokraaisels gaan van nou af weer elke week in Vaalweekblad se papierkoerant verskyn. Dit sal ook as vasvra-wedstryde op Vaalweekblad se webwerf aangebied word.

Lesers kan in die papierkoerant deelneem vir kontant of pryse ter waarde van R1 000 per maand, of jy kan aan die wedstryd op Vaalweekblad se webwerf deelneem vir ander pryse en kontant, ook ter waarde van R1 000.

Jy kan natuurlik inskryf vir die blokraaiwedstryd in die papierkoerant sowel as vir die aanlyn-vasvraformaat en in aanmerking kom vir AL die pryse en prysgeld van R2 000! Moet dus nie wag nie: Koop jou Vaalweekblad hierdie week en hou Vaalweekblad se webwerf en Facebook dop vir meer inligting oor die aanlynwedstryde.

Baie dankie aan ons wedstrydvennote, Bar with no Name, Gasmonkey, Harry’s Butchery en Jansen Houtwerke vir hul borgskappe van kontant en ander pryse.

Vier gelukkige deelnemers gaan ook elke maand ‘n eksemplaar van Vaalweekblad se Herdenkingsboek ter waarde van R350 wen.

****************************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button