Local newsNewsNews

10-jarige ‘n ooggetuie van dubbel-moord in Oranjeville

ORANJEVILLE. - Die egpaar wat na die dubbel-moord van die vrou se eie ma en oupa in die Oos-Kaap vasgetrek is, het reeds in die Heilbron-landroshof verskyn en is in aanhouding.

Die klein, rustige dorpie in die Vrystaat se inwoners was verlede week erg geskok oor die moorde.

“As mens verby hul huis gedraf het, het die ou oom soms buite gesit en ons dan aangemoedig,” vertel een van die geskokte inwoners.

Die polisie het verlede Donderdag omstreeks 18:15 op die moordtoneel in Markstraat (waar die Van Standen-egpaar en haar pa, Johannes van Vuuren die sowat ‘n jaar gebly het), afgekom. Hulle het voorheen in Kragbron gebly.

Die woning in Markstraat, Oranjeville waar die moorde gepleeg is. Foto: Verskaf

Oupa Johannes (80) en sy dogter, Dorothia van Staden (58) se liggame is gevind nadat Dorothia se man verskeie kere probeer het om haar te kontak en later ‘n familielid gevra het om te gaan kyk wat aangaan.

Oupa Johannes is in die binnehof aangetref met veelvuldige meswonde en Dorothia is in die motorhuis gevind met veelvuldige hoof- en lyf-beserings.

Die hoofverdagtes in die moordsaak is Dorothia se jongste dogter Henriette Posthumus (36) en haar man Hannes (34). Die Posthumus-gesin het glo sowat twee weke tevore vir blyplek by hul familie in Oranjeville kom aanklop.

Henriette Posthumus (36).
Hannes Posthumus (34) is saam met sy vrou aangekla op die dubbel-moord in Oranjeville. Foto: Op Vaalweekblad Facebookblad verskaf

Buiten vir drie messe wat op die moordtoneel gevind is, word daar ook vermoed dat hulle hul slagoffers van agter met onder meer ‘n staalemmer en graaf doodgeslaan het.

Die huis was geplunder en onder die gesteelde items was ‘n rekenaar en televisies. Hulle het daarna met oupa Johannes se goue BMW op die vlug geslaan.

Hul 10-jarige dogter was deurentyd by hulle en is ‘n ooggetuie. Sy het glo reeds heelwat inligting aan die polisie verskaf.

Lede van die Honde Eenheid en Blitspatrollie van die Gqeberha (Port Elizabeth) het egter later dieselfde aand die egpaar aangekeer. Daar word vermoed dat hulle onderweg was na Kariega (Uitenhage).

Die 10-jarige dogtertjie is na ‘n plek van veilige bewaring geneem. Woedende familielede het op sosiale media gesê dat dié dogter en haar man al lankal agter tralies hoort.  Hulle het hulle glo voorheen aan bedrog skuldig gemaak.

Die verhoor is tot 29 Oktober uitgestel. Die egpaar bly in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button