
Die Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met ’n geskiedkundige konsert wat op die vooraansig van die Voortrekkermonument in Pretoria geprojekteer gaan word.
Die gewilde sangers, Adam Tas, Jak De Priester en Pieter Smith sal plesierige sangvermaak in Afrikaans aan oud en jonk verskaf.
Die konsert word op 30 September en 15 Oktober aanlyn uitgesaai. Kaartjies kos R150 per toestel. Wanneer jy ’n toegangskaartjie koop, sal jy ’n skakel ontvang waar jy die konsert vanaf jou selfoon of rekenaar kan kyk.
Moenie hierdie spesiale geleentheidskonsert misloop nie!
Kaartjies is te koop by https://tickets.tixsa.co.za/events/22617

******************************************************************************************************************************
