Hierdie twee manne, Leonard Sutherland en Armand Neethling van HTS Sasolburg “Go Spanners”, is deur REAL Champ Sports Academy – RCSA Rugby gekies om in Desember in Tbilisi, Georgië, te gaan rugby speel. Dis ‘n ongelooflike geleentheid vir hulle, maar hulle benodig dringend borge. Is daar enige van ons Vaaldriehoekse sakemense of rugbygeesdriftiges wat bereid is om die ouens met ‘n paar rand te help?
Indien wel, kontak asb vir Ettiene (079 490 4510) of Adéle du Toit (076 117 3889) of per e-pos by coach@realchamps.org.za . Meer inligting is ook beskikbaar by https://www.realchamps.org.za of https://www.facebook.com/RCSArugby (Sakeondernemings wat meer as R3 000 gee, ontvang sekere spesiale bemarkingsvoordele).

***********************************************************************************************
