Justin Rabie van Vanderbijlpark skryf:
almal, ek het onlangs gehoor van een van my ou vriende wat ‘n tarantula-spinnekop in ‘n bos naby hul huis vrygelaat het. Ek wil asseblief vra dat as iemand ‘n tarantula het en nie meer na hom kan omsien nie of hom nie meer hê nie, om hom asseblief na my kan toe aan te gee.
Ek het 20 van my eie en ek kyk baie mooi na hulle. ‘n Mens kan nie ‘n gekoopte tarantula sommer net in die veld loslaat nie. Hy kort meer as net ‘n vrylaat… Ek het reeds drie gevalle gekry van eienaars wat nie meer hul tarantulas wou hou of vir hulle die liefde kon gee wat hulle verdien nie. Dankie aan almal wat hierdie boodskap sal versprei. Hulle kan my by 065 965 7683 WhatsApp.

******************************************************************************************************************************
